Solidariteit swaai die digitale deure na die toekoms wawyd oop met die bekendstelling van sy splinternuwe Afrikaanse aanlyn platform wat op opleiding en werk fokus.
Solidariteit-lidmaatskap gaan jou voortaan in die middel van hierdie aanlyn arena plaas – en beslis nie nét as toeskouer nie.
By die bymekaarkomplek word leerders, onderwysers, studente of werksoekers, werknemers en werkgewers almal in een fynbeplande netwerk saamgebind.
Selfs nielede kan gratis profiele skep om deur die venster te loer om te sien hoe die volledige aanbod van lidmaatskap lyk.

× WhatsApp our studio!