Maak gereed vir feesvier op 28 en 29 Oktober by Genl Piet Joubert in Polokwane.
Die 2 organiseerders van die fees – Jaenette Jacobs en Jolandie Peters was by Rudolph in die JouRadio ateljee om meer te vertel van hierdie geleentheid.
Kaartjies wissel vanaf R60 – R150. Maak seker jy kry nou jou fees kaartjies: Kliek hier
Kunstenaars, uitstallers, kindervermaak, groot biertuin, heerlike kos, prettige kompetisies, HWA Stoei, boog-skiet, motor skou en vele meer.
En natuurlik sal die Rugby Wêreldbeker op ’n groot skerm vertoon word.
