
Leer ken vir Rudolph:
My Gunsteling ding van Polokwane: My Vrou. “Seriously” nou – Die vriende wat ek hier het.
Enige plek in die Wêreld besoek: Fairbanks, Alaska. Om die Noordedrligte te sien
Kinderjare droomwerk: Laboratoriumwerk
Waaroor is ek passievol: Musiek,Musiek, Musiek! Om te luister, om self uit te voer, om te deel met ander.
Op watter maniere is ek talentvol: Sing, speel klawerbord, kitaar, skryf liedjies en as baie praat (onder die regte omstandighede en by die regte mense – of op die lug – tel as talent is ek daarin ook talentvol).
Ooit iets avontuurlustigs gedoen: 25 Valskermspronge – toe trou ek. Begin leer om sweeftuig te vlieg – toe breek die klub op. (Nie my skuld nie)
Gunsteling tyd van die dag: Koffie net na werk saam met my vrou
Winkelsentrum of Takealot: TAKEALOT! Ek wag nog vir TAKEALOTPAYALITTLE.