Philip Buys

February 14, 2020 - 1287 views

My gunsteling ding van Polokwane: is die laat middag sonsondergange, veral as die son bloedrooi is.

Oggend of aand mens: Ek is definitief nie ‘n oggend mens nie en sal baie maklik reg deur die aand kan wakker bly. Mense sê sonopkomste is baie mooi om te sien, vir my is dit net ‘n andersoms sonsondergang.

Interessante plek wat jy wil besoek: Ek sal graag Ysland wil besoek. Daar is nogals iets aan die isolasie en beeldskone natuur wat my aantrek. Die feit dat daar geen muskiete is nie, maak dit net soveel beter ook.

Wat is jou passies: Ek is rerig passievol oor musiek, motor wedrenne, godsdiens, Afrika en sy mense, mense in algeheel eintelik, Rooi koeldrank, nuwe ervaringe, video speletjies, die natuur en bote.

Goeie herinneringe saam met 'n vriend: Daar is so baie! Ek en ‘n vriend het een keer Kaap toe gery van Polokwane af die Vrydag om die groep U2 se konsert by te woon die Saterdag en ons was weer terug in Polokwane die Sondag aand.