Isobel Kemp

February 17, 2020 - 1049 views

Leer ken vir Isobel

Wat is jou gunsteling ding van Polokwane: JouRadio!!

Is jy meer van 'n oggendpersoon of 'n nag persoon: ‘n Oggendpersoon? Bwahaha!!! Ek staan vroeg op, but not by choice. ‘n Naguil verseker!

As jy enige plek in hierdie wêreld kan besoek, waarheen gaan jy en hoekom: New York. Brooklyn Bridge – ek wil so graag die massiewe stad se aandligte oor die East River aanskou – op foto’s is dit vir my prentjiemooi!

Wat was jou kinderjare droom werk: Iemand wat in ‘n kantoor werk en snyerspakkies en hakskoene kan dra. En agter ’n groot eikehoutlessenaar sit wat vol gepak is met hope papiere en dokumente. En baie oproepe moet maak en neem. Ja, jy’s reg...soos wat jy in die flieks sien!

Waaroor is jy passievol: Regverdigheid. ‘Nuff said. 

Wat was jou gunsteling vak op skool: Engels by Juf. Davel

Wat is jou gunsteling ding om in jou vrye tyd te leer: Ek hou daarvan om enige iets op te swot wat homself voordoen in my alledaagse lewe. Van hoe om ‘n groen swembad blou te kry na ‘n reënbui tot watter medisyne watter newe-effekte het.

Wat is jou gunsteling herinnering met jou beste vriend: Toe ek op universiteit was het ek my vriendin 'n staande reëling gehad om mekaar se kleur - boksie kleur. Dan het die een op die woonstel se vloer gelê met haar hare oopgesprei op 'n swartsak terwyl die ander een die die kleursel aanwend. Nie die altyd die salon-effek gekry nie maar dit was VET PRET!!