Christiaan Gouws

February 17, 2020 - 1226 views

Leer ken vir Christiaan

As jy enige plek in hierdie wêreld kan besoek, waarheen gaan jy en hoekom: My droom is om eendag (as ek groot is) New York te besoek.  Van kleins af staan dit vir my uit as ‘n plek wat alles vir jou sal kan bied wat jy graag op ‘n vakansie sal wil doen en ek sal graag die plekke wat ek altyd in rolprente gesien het, in lewende lywe wil sien.  En dit is afterall “The city that never sleeps”.  Net vir daardie besoek sal ek maar ‘n ‘nagpersoon’ wees.

Wat was jou kinderjare droom werk: Ek wou nog altyd ‘n rolprent gemaak het of tenminste deel wees van die produksiespan of selfs daarin toneel speel.  Ek onthou so ver terug as Graad 4 hoe die vermaaklikheidsbedryf vir my uitgestaan het en ek het toe al probeer om toneelstukke en opvoerings te skryf en my vriende te kry om saam met my dit te doen.

Waarvoor is jy passievol: Eks beslis nog passievol oor Polokwane en oor Suid-Afrika en alhoewel ek 10 keer ‘n week nuus moet lees wat soms negatief is laat ek nie toe dat sulke dinge my negatief maak nie.

Op watter maniere is jy talentvol: Ek is ‘n kreatiewe person en het oor die jare my talente ontwikkel in fotografie, videografie en grafiese-ontwerp en die afgelope tyd by JouRadio ook geleentheid gekry om dit wat ek geleer het toe te pas in die radio-bedryf en klankredigering.

Ek is ‘n strategiese persoon wat mense baie gemaklik mee praat en ek hou hopeloos te veel van admin.  Ek dink soms dit is ‘n SUPERPOWER om lief te wees en energie te kry uit admin-tipe werk.

Wat doen jy om die oggend wakker te word: Ek mag dalk meer ‘n oggend persoon as ‘n aand persoon wees, maar ek word wakker, sodat ek kan KOFFIE drink.  Ek hou baie van koffie en ‘n beskuitjie saam met dit.  Ek drink tee as ek siek is.

Het jy al ooit iets avontuurlustig gedoen soos valskermspring: Nee.  Ek het geen begeerte om onder die water of in die lug te gaan baljaar nie.  Ekt soveel goed hier plat op die aarde wat ek by wil uitkom en probeer en verbeter.  Valskermspring of gungee-jump is nie op daardie lys nie!