Hartsmusiek van Frik Van Rensburg

April 13, 2021

Dis altyd lekker om so nou-en-dan ‘n luisteraar van ver buite Polokwane te kry wat sy Hartsmusiek en Stories met jou wil deel. Frik Van Rensburg, eienaar van ‘n groot Musiekskool in Richardsbaai, vertel hoe hy, nadat hy “n dametjie” vir die eerste keer ontmoet het toe hy op versoek van haar pa haar moes leer orrel speel het, binne ‘n maand met haar getrou het. Het die Huwelik “gehou”?
Hy het ook in die tagtigerjare ‘n rekord vir on-onderbroke orrelspel verpletter met behulp van “Sproeitjies”
Jy sal nie jou ore glo as jy hoor vir hoe lank hy aanmekaar orrel gespeel het nie!
Dis maar net 2 van Frik se vyf stories waarna jy in hierdie “Potgooi” kan luister – natuurlik saam met die gepaardgaande muisiek.