Wees ons volgende Hartsmusikant


Deur “Hartsmusiek”   gee JouRadio aan ‘n luisteraar elke Sondag middag die geleentheid om ook  hierdie  “Groot Lekkerkry”  eerstehands te beleef.

In teenstelling met ander stasies, waar luisteraars inbel met ‘n lys van liedjies, of dit instuur, kom die luisteraar  na die ateljee en speel self 4 van sy / haar se “Hartsliedjies” vir die luisteraars.

Wat is ‘n “Hartsliedjie”? Dis daardie liedjie wat jou telkemale aan die Hart raak, elke keer as jy dit hoor, om watter rede ook al. 

Saam met die speel van die liedjie, moet die luisteraar  “Die storie agter die liedjie” met almal deel. Dit hoef nie ‘n vreeslike ingewikkelde, inspirerende of wonderlike storie te wees nie – net ‘n eerlike een, maar elke liedjie moet ‘n storie hê.

Rudolph doen ook so bietje “navorsing” oor jou liedjies en deel dan ‘n paar interresante feite daaroor met jou. Jy kry die geleentheid om tydens jou uitsending ‘n maksimum van 4 persone uit te daag om ook “Hartsmusikant” te kom wees in die ateljee.

Die een wat eerste op die uitdaging reageer voor die einde van die program kry dan die geleentheid.

Dit is egter nie net “Uitgedaagdes” wat hulle Hartsmusiek kom deel nie – enige iemand kan!

Al wat jy moet doen is om ‘n Whatsapp na die ateljee te stuur  by 063 048 9408. 

Begin jou boodskap met die woord “Hartsmusiek” gevolg deur jou lys van 6 Hartsliedjies, waarvan ons 4 kies om te gebruik. Indien iemand  “ingeperk”  is, (Bv fisiese gebrek, of hoë ouderdom), maak ons ‘n plan en kom na jou toe.

Jou Whatsapp moet begin net die woorde “Hartsmusiek. Ingeperk”. Saam met jou lys van 6 liedjies moet jy jou kontakbesonderhede verskaf, en ons doen die res.

As jy nie self Whatsapp het of kan gebruik nie, vra iemand om namens jou ‘n Whatsapp te stuur na 063 048 9408. Luisteraars by Martha Hofmeyr / Vergeet My Nie kan met Anne in die kantoor reël om ons te laat weet en Ons Tuiste  se inwoners kan met Nicolene reël.

Aangesien baie van die bogenoemde inwoners nie Internet fasiliteite, en derhalwe toegang tot hierdie blad het nie,  wil ons vra : As jy weet van iemand daar wat dit graag sal wil doen, gaan gesels met hom /haar en help hulle om vir ons ‘n Whatsaopp te stuur en… ons doen die res ! 

Sien jou in die Ateljee!