
Die Molly Hawken Kliniek by Polokwane DBV bied ‘n spesiale tarief aan vir Katgriep en Hondsdolhied inentings, tesame met ‘n ontwurmingspil en ‘n mikroskyfie vir jou gesteriliseerde troeteldier. Jy kan dit alles op Saterdag die 4de Februarie tussen 08:00 en 12:00 by die Kliniek laat doen vir slegs R250.00. Koop jou kaartjie vooraf by die Molly Hawken Kliniek , die DBV of by die DBV winkel in Savanah Mall. Alle honde moet aan leibande wees en katte in kathokke. Luister na die onlangse onderhoud met Selma Landman van die DBV.