Rock Show

Thursday, from 19:00 to 21:00

Die “Rock Show” is grotendeels gefokus rondom musiek en groepe wat rock musiek maak, van die 60’s tot vandag toe. Ons bespreek ook in diepte Rock nuus van rondom die wêreld en vat ons luisteraars op n ontdekkings roete van nostalgie en nuwe musiek wat onsself baie keer eers onlangs ontdek het.

Ek is wat mense sal noem ‘n “melophile”. Ek het nie net ‘n groot passie vir musiek nie, ek is ook ‘n versamelaar, veral van langspeel plate. ‘n Goeie dag vir my is om met moeite rond te grawe tot ek iets nuuts ontdek wat ek nog nie voorheen gehoor het nie. Ek is al meer as 10 jaar ook betrokke in onderwys en die leer proses vir my is ‘n opwindende ervaring. Dit bring my by ‘n plek waar ek my liefde vir musiek en die leer proses met mense kan deel. 

Program DJ(s)

Presenter