Potpourri

Sunday, from 14:00 to 17:00

SONDAE

14h00 – 15h00

Ons “Gospel” deel.

In hierdie uur kan jy luister na ‘n  kort “Blitsboodskap”  deur ‘n Predikant/Pastoor of Sendeling gevolg deur ‘n informele geselsie oor ‘n geestelike onderwerp. Mense kry hier ook die geleentheid om hulle getuienisse te kom lewer. Dit alles gebeur teen die agtergrond van ‘n wye verskeidenheid Gospel musiek – letterlik “Met die hand uitgesoek” deur my.

15h00 – 16h00

Ek en Rini kies ‘n onderwerp en pluis dit (net so bolangs) uit.

Lekker ligte, informele skerts en klets!

Weereens word die musiek “Met die hand uitgesoek”, maar ons fokus bietjie meer op ons Senior luisteraars se smaak (Wat nie noodwendig “Oudtyds” is nie!) Hier hoor jy gewoonlik musiek wat jy nie sommer êrens anders op JouRadio hoor nie. Soos ek altyd sê “ Van Koor tot Konsertina, en alles tussenin!”

16h00 – 17h00

Hartsmusiek.

‘n Luisteraar (Ons “Hartsmusikant” vir die dag), kom na die Ateljee en speel vir ons van sy/haar se “Hartsmusiek” – daardie musiek wat hom of haar aan die hart raak elke keer as hulle dit hoor. Hulle vertel dan vir jou hoekom dit hulle “Hartsliedjies” is. Ek doen so bietjie “Navorsing” oor die liedjies of kunstenaars en deel dan ‘n paar interresante feite met jou.

Enige luisteraar kan deelneem – selfs ons Senior Burgers of Fisies-Ingeperkte luisteraars, want ons kom na jou toe!. Luister na die program om uit te vind hoe.

Program DJ(s)