André Schwartz gesels oor sy optrede in Polokwane op die 26ste November 2020

November 24, 2020

Rudolph het met André Schwartz gesels oor sy optrede in Polokwane op die 26ste November 2020.

Kersfees is om die draai en elkeen van ons het beslis ‘n boodskap van hoop en liefde nodig na hierdie uitdagende jaar! En wie beter om dié boodskap te bring as die immergewilde, André Schwartz met sy splinternuwe oorspronklike kerslied, Ek wens vir jou ’n Kersfees.