“Save Our Stages”, ‘n 3 dae lange Musiekfees in die gemak van jou eie huis


Izzit produksies bied aan ‘n 3 dae lange musiekfees met van die land se grootste musiek groepe en komediante, hierdie naweek. Die musiekfees skop af om  15h20 hierdie Vrydag en jy kan dit alles kyk, verniet in die gemak van jou eie huis.

Met die musiek bedryf wat hard geslaan is deur die inperking periodes het dit veroorsaak dat baie musikante van rondom die land, ‘n groot vermindering in inkomste en geleenthede as gevolg het. Die idee agter “Save Our Stages” is om geld intesamel om die musikante wat die ergste geraak is, te ondersteun.

Met bekende groepe soos Prime Circle, Wonderboom, VAN PLETZEN, Taxi Violence, Majozi, Toya Delazy, De Wallen, PHFAT, Mark Stent, Martin Bester, Early B, Tidal Waves, Jacques Moolman, The Medicine Dolls, The Man Motels, Bacchus Nel, Anton Goosen, Steve Newman, Albert Frost en nog vele meer, is dit een van die grootste musiekfeeste, van sy soort in Suid Afrika.

Met ‘n kouefront wat oor die land waai hierdie naweek, waar anders sal jy wil wees? Daar sal maklike opsies wees om donasies te maak en al die geld gaan na die SOS innisiatief ten bate van musiekante wat hulle inkomste verloor het tydens die inperking.    

Vir meer inligting gaan na www.safeourstages.co.za