. . .

Juju Mafela volg in sy pa se voetspore by Penguin Films

Die internasionaal- en SAFTA-bekroonde rolprentmaatskappy, Penguin Films, is baie trots om aan te kondig dat Juju Mafela – die middelkind van die oorlede veteraanakteur, Joe Mafela – sy pa se aandeel in die besigheid oorgeneem het.

Juju, wat by die produksiespan aansluit as kreatiewe vervaardiger, sien uit daarna om in sy pa se voetspore te volg, aangesien dit sy lewenslange droom is om die manier waarop mense stories vertel te herontwerp en om gehore te inspireer. “Penguin Films is ’n groot maatskappy wat ongelooflike werk doen. Dit is my doel om, sover as wat dit in my vermoë is, as vennoot by te dra om die besigheid internasionaal te laat groei. Dit was die gesprek wat ek en my pa gehad het en hoe meer die besigheid groei, hoe groter word sy nalentenskap,” deel Juju.

Bekroonde regisseur, kreatiewe vervaardiger en stigter van Penguin Films, Roberta Durrant, verwelkom Juju se belangstelling om die gaping te vul wat sy pa gelaat het en sê: “Dit was nog altyd Joe Mafela se wens dat sy seun eendag in sy voetspore sou volg en ons is trots om aan te kondig dat  Juju Mafela nou ’n 30%-aandeelhouer is in ons besigheid. Ek is in my skik om hom as opvolger te hê. Oor die jare, het ek vir Juju gesien ontwikkel en ons het al baie projekte saam gedoen. Ek sien uit na sy insae as kreatiewe vervaardiger.” 

Penguin Films se paaie het met die van Joe Mafela gekruis tydens die vervaardiging van die gewilde 1986-sitkom, Sgudi ‘Snaysi, waarin Mafela die rol van S’dumo gespeel het wat by Sis May (gespeel deur oorlede Daphne Hlomuka) loseer het. Met die verloop van die program se 78 episodes, het Joe Mafela ’n geliefde kulturele held geword.

Gedurende sy suksesvolle loopbaan, is Joe met verskeie Lewenslange Bydrae-toekennings in die bedryf vereer, waaronder ’n Lewenslange Bydrae-toekenning van die Die Nasionale Rolprent- en Videostigting, die Comics’ Choice-toekenning, ’n Duku Duku Black Entertainment-toekenning en ’n Naledi-verhoogtoekenning. Die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiebedryf het getreur toe hy in Maart 2017 ontydig gesterf het.

As gevolg van Sgudi ‘Snaysi se gewildheid, kon Mafela en Penguin Films ook saam Going Up en die opvoedkundige reeks, Khululeka, vervaardig. Sedertdien, was hulle verantwoordelik vir verskeie bekroonde televisiereekse en –sitkoms soos Madam and EveSOSFishy FeshunsGoing Up AgainMazinyo dot Q en Stokvel. Van hulle meer onlangse dramas sluit in die bekroonde Saints and Sinners en die telenovella, Ring of Lies, asook die internasionaal-bekroonde lokettreffer oor die historiese heldin, Krotoamet Crystal-Donna Roberts en Armand Aucamp waarvoor hy pas aangewys is as Beste Akteur by die Huisgenoot Tempo-toekennings.

Die maatskappy is tans besig met die produksie van Arendsvlei, kykNET & Kie’s (kanaal 145) se eerste oorspronklike Afrikaanse telenovela, wat om 20:00 daagliks – van Maandag tot Woensdag – uitgesaai word.

 

Leave a Reply