Jy is hier
Tuis > Iets van alles > Wen vir jou mense oorsee ʼn SA-Kersfees ter waarde van R200 000

Wen vir jou mense oorsee ʼn SA-Kersfees ter waarde van R200 000

Oorsee? Kom huis toe met Cell C en JouRadio

Is jy een van daai oumas wat nog nooit jou nuwe kleinkind teen jou hart vasgedruk het nie, want sy bly iewers in die vreemde? Pyn jou hart van verlange want jou enigste seun is al drie jaar oorsee en jy het nog nie eens die liefde van sy lewe ontmoet nie? Of word jou plaasjapie-kleinkinders iewers in die vreemde in Engels groot? Dit klink soos talle Suid-Afrikaners se storie.

Cell C, Maroela Media en JouRadio wil een persoon se droom om vanjaar sy of haar geliefdes huis toe te bring vir ʼn Somerkersfees, bewaarheid. Daar is R200 000 se pryse op die spel.

Cell C, in samewerking met Maroela Media en 28 gemeenskapsradiostasies landswyd, borg vier retoerkaartjies (ekonomiese klas), van enige plek in die wêreld, vir ʼn gesin om tydens die Kersseisoen op enige plek in Suid-Afrika vir hul familie of vriende te kom kuier. As deel van die Oorsee? Kom huis toe met Cell C-kompetisie reël ons boonop vir die besoekende gesin, saam met hul familie en vriende hier in SA, ʼn Kerspartytjie ter waarde van R60 000 waartydens die bekroonde Afrikaanse kunstenaar, Coenie de Villiers, as gaskunstenaar sal optree.

Skryf in by Maroela Media en maak seker jy noem JouRadio in jou inskrywing, vir die kans om ‘n selfoon van Cell C te wen.

 

Leave a Reply

Top