Jy is hier
Tuis > Musiek > Cool soos Koos Kombuis – Video

Cool soos Koos Kombuis – Video

Cool soos Koos Kombuis se video is basies ‘n kort verhaal van Jan Alleman  wat wens hy was cooler. Sy droom is om net vir Koos kombuis te kan ontmoet, en om hom te vra vir raad om die “cool factor” te kan kry. Dinge loop egter steeds skeef, en dis eintlik deur sy ‘on-cool-geid’ wat hy liefde wen aan die einde van die dag. Die video was in die Kaap asook in JHB geskiet en Legende Koos Kombuis het ingestem om ‘n verskyning in die video te maak. Francois/Snotkop is van jongs af al ‘n baie groot Koos Kombuis aanhanger en dit was vir hom ‘n lewens droom wat bewaarheid word om hom te kon ontmoet vir die eerste keer en die feit dat hy ingestem het om in die video te wees was nog groter.

 

Koos is een van die vriendelikste, coolste en chilled ouens wat ek al ooit ontmoet het.
Ek was baie starstruck toe ek hom eers sien, maar na ons begin skiet het, het ons lekker begin gesels, en dit was net weereens bevestig hoekom ek so mal is oor sy musiek en boeke sê Snotkop

 

Leave a Reply