. . .

#GooiJouSuikerOpMy – Dirk van der Westhuizen

Dirk van der Westhuizen het geen bekendstelling nodig nie… hy was immers die oorsaak van Suid-Afrika se grootste sosiale media ontploffing in 2012 met sy video ‘Supercool! (Gangnam Style)’.

Na ‘n lang wag kan sy ondersteuners nou die dae begin aftel na sy 3de solo album wat September 2014 die rakke tref – ‘#GooiJouSuikerOpMy’.
Wees verseker, Dirk is TERUG MET MENING!!

Nie net het hy die afgelope twee jaar byna 300 optredes agter die blad nie – hy het ook baie gegroei as musikant en waardevolle ondervinding opgedoen oor die musiekbe- dryf.

‘#GooiJouSuikerOpMy’ bevat 12 snitte waarvan minstens die helfte spruit uit Dirk se eie pen. Vaughan Gardiner, self ‘n briljante musikant, het nie net geskryf nie maar ook vervaardig aan die pop-snitte “Wie bestuur nou my hart?” (met Karen Ferreira) en “Is ek ‘n ‘like’ of het jy my lief?’.

Die stem opnames van hierdie liedjies is deur Marius Brouwer behartig.
Werner Beukes wat gewerk het aan treffers vir o.a. Juanita du Plessis, Eden en Lianie May – het die vervaardiging behartig op ‘Deur jou Oë’, ‘Jy’s my Begin…’ asook ‘Onthou jy my?’ Al drie hierdie snitte het bietjie meer van ‘n Pop-Rock aanslag.

Ferdinand Skead wat agter ‘Sandra Prinsloo’ van Elvis se Seun ft. MWAH! sit het ‘n kardinale rol gespeel in Dirk se kenmerkende musiekstyl –
DANS! ‘#GooiJouSuikerOpMy’, ‘Siele’ en ‘Awê Ma se Kind’ is maar slegs‘n paar titels van sy unieke vervaardigings vernuf.

Deon van der Merwe speel op 5 snitte kitaar, waarvan die bonus snit ‘Let her go’ van Passenger – wat Dirk akoesties sing op publieke aanvraag, een is. Beslis een van die belowendste albums wat in 2014 die lig gaan sien!
Vir jonk en oud! Van Dans tot Akoesties! Liedjies wat die heupe laat swaai en die hart snare roer!
#GooiJouSuikerOpMy

Leave a Reply